Vrae en Antwoorde2018-11-01T11:36:04+00:00

Vrae en Antwoorde

Stap-vir-stap Instruksies

Algemeen

RoepTV.com is die eerste Afrikaanse Christelike aanlyn of digitale TV kanaal en dus nie beskikbaar op enige DStv pakket nie. Dink Netflix net in Afrikaans! Registreer by www.RoepTV.com

Alle programinhoud op RoepTV verteenwoordig ons kernwaardes insluitend genesing, vernuwing, eerlikheid, vertoue en intelligensie, liefde, vrolikheid, opvoeding en vreugde. Ons voorsien aan die vermaaklikheidsbehoeftes van die moderne gehoor vanuit ‘n onwankelbare fondasie in die Waarheid.

Registreer op www.roeptv.com. Teen slegs R149 per maand kan ‘n huishouding vyf toestelle op ’n kontrak akkomodeer en twee toestelle kan gelyktydig verskillende programme kyk. Oorspronklike inhoud kan ook oorsee gekyk word. Dus, al bly jy in die buiteland, kan jy steeds goeie plaaslik vervaardigde Afrikaanse Christen programme geniet. RoepTV.com bied oorspronklike vermaak aan, asook plaaslike en internasionale Christelike vermaak. Dit sluit onder meer die volgende kategorieë in: Begrip, Aktueel, Vermaak, Kleinspan, Films en Reekse.

Die nasionale digitale migrasie gebeur in 2020 vir alle Suid-Afrikaners wat analogiese TV’s het en dus nie ’n slim TV besit nie. Ons help jou ook om daardie skuif te maak met betroubare AndroidTV toestelle wat reeds beskikbaar is. Dit gaan ’n reuse finansiële voordeel wees.

Jy kan toegang verkry tot alle RoepTV.com lokprente om te sien waaroor RoepTV se inhoud handel. Daar is egter geen gratis toets periode nie.

Ons hou dit maklik vir jou. RoepTV.com bied een plan aan wat vir jou toegang gee tot die hele biblioteek teen slegs R149 per maand.

Sommige programme op RoepTV.com bied die opsie om Engelse onderskrifte te aktiveer.

My Rekening

Nadat jy alle nodige besonderhede geregistreer het op RoepTV.com, geskied betaling outomaties via jou debiet- of kredietkaart, een maal per maand. Debiet- of kredietkaart besonderhede kan enige tyd verander word as jy op My Rekening kliek.

Nadat jy alle nodige besonderhede geregistreer het op RoepTV.com, geskied betaling outomaties via jou debiet- of kredietkaart, een maal per maand. Debiet- of kredietkaart besonderhede kan enige tyd verander word.

Kansellasie kan enige tyd geskied via www.roeptv.com. Besoek jou profiel en volg die eenvoudige instruksies. Jou profiel sal aktief bly tot op die laaste dag van jou betaalsiklus.

Ja beslis. Besoek www.roeptv.com, besoek jou profiel en volg die eenvoudige instruksies.

R149 gee vir jou toegang tot ‘n groot verskeidenheid inhoud gebasseer op die Waarheid, vir ‘n maand.

Tegnies

Ja beslis. Hierdie programme wat afgelaai is sal dan beskikbaar wees solank jou RoepTV.com rekening geldig is en jy binne die laaste 72uur aanlyn gekoppel het met RoepTV.com om jou subskripsie status te bevestig. Let wel, programme kan slegs van ‘n slimfoon afgelaai word en nie van ‘n laptop/rekenaar nie. Programme sal slegs afgelaai kan word van die RoepTV.com iOS Toep. Die aflaai funksie sal eers Q2 2019 beskikbaar wees op die iOS Toep. Die RoepTV.com toep sal binnekort beskikbaar wees – hou gerus ons sosiale media platforms dop vir meer inligting rakend hierdie kwessie.

Teen slegs R149 per maand kan ’n huishouding vyf toestelle op ’n kontrak akkomodeer, en twee toestelle kan gelyktydig verskillende programme kyk. Oorspronklike inhoud kan ook oorsee gekyk word. Dus, al bly jy in die buiteland, kan jy steeds goeie plaaslik vervaardigde Afrikaanse Christen programme geniet.

Jy kan inskakel deur in te teken met jou e-pos adres en wagwoord deur enige web browser soos Google Chrome of Internet Explorer of deur middel van die Toep (App). Ons probeer dit so gerieflik as moontlik te maak vir jou om na jou gunstelling programme te kyk op RoepTV.com.

iOS – Apple iStore 

Android – PlayStore

Die RoepTV.com toepassing verseker gemaklike toegang tot jou Christenvermaak via enige slimtoestel sonder om gereeld gebruik te maak van ‘n webblaaier.

Vir kredietkaarte betalings kan Visa en Mastercard
kaarte gebruik word.
Ons is tans besig om ons betaalpunt en banke te finaliseer. Toets asseblief gerus jou debietkaart om te kyk of dit wel aanvaar word.

Ons is tans besig om na alle tegniese probleme om te sien. Kyk gerus die HD beeld in SD sodat dit die buffer verminder. Op alle chrome browsers kliek
op die regterkanste skakel met die afkorting HD en kies jou beeld kwaliteit.

Ons is jammer om hiervan te verneem. Die slim televisiestel wat die wit beeld vertoon ondersteun nie die DRM (digital rights management) nie.
RoepTV.com werk hieraan om in die toekoms ‘n RoepTV.com toep vir hierdie TV toestelle wat probleme ondervind te skryf. Maak asseblief seker dat jou toestel DRM ondersteun. RoepTV werk wel op AndroidTV toestelle.

Hierdie proses is ‘n standaard metode. Ons wil jou besonderhede graag veilig hou. Kies ‘n goeie wagwoord en maak seker die wagwoord is 8 karakters lank insluitend letters, syfers en simbole.

Kyk gerus die HD beeld in SD. Op alle chrome browsers klik op die regterkanste skakel met die afkorting HD en kies jou beeld kwaliteit. Hierdie funksie is net beskikbaar op jou rekenaar.

Programme sal slegs afgelaai kan word van die RoepTV.com Android en iOS toep. Die RoepTV.com toep sal binnekort beskikbaar wees – hou gerus ons sosiale media platforms dop vir meer inligting rakend hierdie kwessie.

1584Followers
256Subscribers